0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-02-2026 (vlak 2)



vorige toets 04 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-02-2026 só ingevul:



Tussen sy speelgoed was daar 'n giftige ........ .
98 % (afgerond)geelslang 
2 % (afgerond)geel slang
geel-slang

Byvoeglike naamwoorde (soos "geel") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "slangetjie") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. Die name van plante en diere het gewoonlik betekenisverdigting ondergaan.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



My broer het so 'n manie oor biljart dat hy vir homself 'n klein ........ as muurbehangsel gekoop het.
16 % (afgerond)keu'tjie
62 % (afgerond)keutjie 
keu'etjie
22 % (afgerond)keukie

Die afkappingsteken (of apostroof) word by meervoude en verkleinwoorde gebruik van woorde wat op die letters "i", "o", "u" en 'n beklemtoonde "a" eindig. Woord wat op 'n diftong (soos "eu") eindig, kry nie die afkappingsteken nie.
'n "Keu" is 'n biljartstok.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Wat is die vroulike vorm van "profeet"?
4 % (afgerond)profettes
2 % (afgerond)profites
91 % (afgerond)profetes 
3 % (afgerond)profetin

Die vroulike vorm van "profeet" is "profetes". Ander soortgelyke vorme is "prinses", "digteres", "priesteres" en "minnares".
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.



Madiba was 'n politieke gevangene op ........ .
6 % (afgerond)Robben-eiland
86 % (afgerond)Robbeneiland 
robbeneiland
8 % (afgerond)Robben Eiland

Geografiese name, byvoorbeeld van eilande, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties