20 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-03-2026 só ingevul:
Liza speel 'n ........ op die klavier vir die boemelaar in die straat.
slampamper-liedjie slamp amper-liedjie slampamper liedjie slampamperliedjie
ʼn Samestelling (“slampamperliedjie”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“slampamper” en “liedjie”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Die woord "slampamper" word nie baie gebruik nie, maar beteken 'leegloper', 'niksnut' of 'iemand wat baie eet en drink'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die korrekte wyse om "reaksie" af te breek oor twee reëls is ........ .
rea-ksie re-aksie reaks-ie
Dit is tipies om 'n woord af te breek tussen twee vokaalletters wat tot verskillende lettergrepe behoort.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.
Idioom: Sorg ........ .
besweer en see borg baar
Die idioom "sorg baar" beteken 'kommer veroorsaak'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
"Afrikaanses" is 'n inklusiewe term om die ........ gemeenskappe in te sluit.
Wit en Bruin Wit en Bruin of wit en bruin wit en bruin
Histories beskrywende kleurbenamings vir bevolkingsgroepe en vir lede van sulke groepe begin nie met 'n hoofletter nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)