0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-03-2026 (vlak 2)



vorige toets 20 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-03-2026 só ingevul:



Die leerders het na 'n uitstalling van verskillende ........ gaan kyk.
99 % (afgerond)professies 
1 % (afgerond)professes
1 % (afgerond)professis

In verboë en afgeleide vorme met die agtervoegsels "-e", "-er", "-erig", "-ig", en "-s" word die slot-"ie" van die stam behou.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Idioom: Sy ........ was te sterk.
7 % (afgerond)koeldrank
28 % (afgerond)tee 
47 % (afgerond)koffie
17 % (afgerond)drankie

Hierdie idioom beteken 'hy is dronk'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ons het rêrig 'n nuwe luidsprekerstelsel nodig. Ons sal die ........ daaroor moet nader.
55 % (afgerond)fasiliteitekommissie 
42 % (afgerond)fasiliteitskommissie
2 % (afgerond)fasiliteite-kommissie
2 % (afgerond)fasiliteite kommissie

By sommige samestellings is verbindingsklanke ("-s", "-e-", -"er-", "ens") verpligtend, byvoorbeeld "beklaenswaardig", "distriksgeneesheer", "etenstyd" en "fasiliteitekommissie". Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Willem het ʼn aanvaarbare ........ vir sy afwesigheid.
91 % (afgerond)apologie 
1 % (afgerond)appelogie
8 % (afgerond)appologie
apologi

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “apologie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Sien ook die bladsy Tussenklas.



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties