2152 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-04-2026 (vlak 1)



vorige toets 06 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-04-2026 só ingevul:



Die hond ........ sommer sonder rede.

beit
89 % (afgerond)byt 
10 % (afgerond)bijt
1 % (afgerond)buit

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Ek het so groot geskrik, ek het op my fiets ........ en weggejaag.
gesprun
97 % (afgerond)gespring 
2 % (afgerond)gesprung
gesprin

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "sprung" in plaas van die korrekte "spring".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



In die Vrystaat praat die grootste deel van die bevolking ........ .
5 % (afgerond)Suid-sotho
8 % (afgerond)suid-Sotho
4 % (afgerond)suid-sotho
83 % (afgerond)Suid-Sotho 

Taalname begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Haar woede is ........ ; as dit met jou gebeur het, sou jy ook kwaad gewees het.

15 % (afgerond)regverdig
73 % (afgerond)geregverdig 
2 % (afgerond)regverdigend
10 % (afgerond)geregverdigd

Die woorde "geregverdig" en "regverdig" word soms verwar. Die woord "geregverdig" beteken 'waarvoor daar 'n goeie verduideliking is'. Die woord "regverdig" beteken 'volgens wat iemand verdien'.
Bron: HAT Skoolwoordeboek
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties