06 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-04-2026 só ingevul:
Waarvoor staan die akroniem "HTML"?
hiperteksmarkeertaal hipertaalmerklekseem hipertaalmarkeringsteks
'n Akroniem is 'n afkorting wat as 'n woord uitgespreek word. Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Akronieme.
Liefhebbers van ........ kan die naweek uitsien na rugby, sokker en krieket.
mansport manssport mans sport man sport
Samestellings met die woord "sport" kry nie in Afrikaans 'n verbindingsklank nie. By samestellings wat nie 'n verbindingsklank neem nie, is dit 'n fout indien dit wel met 'n verbindingsklank geskryf word (AWS 19.12).
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Daar is kinders van verskillende ........ groepe in ons skool.
etnisch etniese etnies etniesche
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Idioom: 'n Geknakte ........ .
knie pad riet tak
Die uitdrukking "'n geknakte riet" beteken 'sondaar', na aanleiding van Jes. 42:3. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)