2152 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-04-2026 (vlak 3)



vorige toets 07 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-04-2026 só ingevul:



Jy moet elke dag probeer om 'n verskeidenheid ........ in te kry.
57 % (afgerond)vitamines 
17 % (afgerond)vitamienes
1 % (afgerond)vietamine
24 % (afgerond)vitamine

Die meervoud van "vitamine" is "vitamines". Die wisselvorm "vitamien" met meervoud "vitamiene" word ook erken.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die vertoning was só droog, ek het al na die eerste tien minute ........ kyk.
59 % (afgerond)ophou 
geöphou
41 % (afgerond)opgehou
geophou

Skakelwerkwoorde, naamlik "begin", "bly", "gaan", "help", "hoor", "kom", "leer", "ophou", "probeer", "sien" en "voel", wat voor 'n ander werkwoord kom, kry nie "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Sir Anthony Hopkins en Catherine Zeta-Jones is twee van die bekendste ........ van ons tyd.
1 % (afgerond)Wallisane
40 % (afgerond)Wallisers
51 % (afgerond)Walliesers 
8 % (afgerond)Wallisiërs

'n Inwoner of boorling van Wallis (Engels 'Wales') staan in Afrikaans bekend as 'n "Wallieser" en het "Walliese" gewoontes. In Engels vervul die woord "Welsh" die funksie van sowel die persoonsnaam as die byvoeglike naamwoord wanneer na mense of dinge verwys word wat betrekking het op hierdie Britse deelstaat.
Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Wallis
Sien ook die bladsy Persoonsname.



........ was 'n bekende koning van die Zoeloes.
4 % (afgerond)Chaka
34 % (afgerond)Tsjaka
62 % (afgerond)Shaka 

Verouderde verafrikaanste skryfvorme van persoonsname (soos "Tsjaka") word nie meer in die AWS aanvaar nie.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
57% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties