10 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-04-2026 só ingevul:
Die Weerdiens voorspel dat ........ môre deur die dag gaan uitsak en waarsku die publiek om ver van riviere en strome weg te bly.
stortvloede kitsvloede flitsvloede oorstromende vloede
Die Engelse weerkundige term "flash flood" word dikwels deur die media op verskillende maniere in Afrikaans vertaal. Die korrekte Afrikaanse term is egter "stortvloed". Bron: HAT en WAT
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Ek dink sy tronkstraf is ’n ........ straf.
regverdige regferdig regferdige regverdig
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("regverdig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Idioom: 'n ........ van 'n ander kleur.
Perd Blom Trui Kat
Hierdie idioom kom uit die Engels "A horse of a different colour" en beteken 'iets heeltemal anders'. In Nederlands sê 'n mens "heel andere koek" as jy dieselfde bedoel.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
ʼn Groepie betogers het buite die hof teen die beskuldigde se vrylating betoog. Wat is die woordsoort van die woord "betoog" in bostaande sin?
adjektief werkwoord bywoord selfstandige naamwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "betoog" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)