28 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-05-2026 só ingevul:
Frida se ma is maklik die ........ ouer wat ek al by 'n gradeplegtigheid gesien het.
trotste trotser trotsste trotsser
Die trappe van vergelyking van "trots" is "trotser" en "trotsste".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die pakkie moet asseblief by die ........ afgelewer word.
sake adres sakeadres sakeädres sakëadres
Die deelteken word nie gebruik wanneer 'n "a" of 'n "o" voorafgegaan word deur 'n "e" wat tot 'n ander lettergreep behoort nie.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Ek moet 'n ander motor koop; gee vir my die ........ aan dat ek kyk wat adverteer hulle.
tweede handse motorgids tweedehandse motorgids tweedehandsemotorgids tweede handse motor gids
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "motor") en ʼn selfstandige naamwoord "gids". Indien 'n mens "tweedehandse motorgids" sou skryf, beteken dit ''n tweedehandse gids waarin motors verskyn' en nie ''n gids waarin tweedehandse motors verskyn' nie.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Daar is Vrydagaand ........ op die spyskaart.
fondue fondoe fondo
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)