21 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-04-2026 só ingevul:
ʼn Leërkamp in die oop veld waar soldate oornag, meestal sonder tente, staan bekend as 'n ........ .
biefak bivak bifak bievak
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
'n Oormaat blootstelling aan ........ is skadelik vir 'n mens se gesondheid.
bakterië bakteries bakterieë
Woorde wat in die enkelvoud op "ee", "i" (wat nie deel van 'n diftong is nie), "ie" of "oe" eindig en 'n meervoud met "-e" kry, word onderskeidelik met "eë", "ië", "ieë" en "oeë" gespel. (AWS 14.10)
Indien 'n sin met 'n syfer, getal of simbool begin, kry die daaropvolgende woord, of die eerste letter daarna, nie 'n hoofletter nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Die verhuurder ........ die huurder om die huurgeld teen die eerste van die maand te betaal.
las gelas belas
Die woord "gelas" word in die teenwoordige tyd en die verlede tyd met "ge-" geskryf en beteken 'beveel'. Nog 'n woord wat met "ge-" in die teenwoordige en verlede tyd begin, is "gesels".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)