22 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-04-2026 só ingevul:
Die koringoes ........ wat beloof om verlede jaar se goeie syfers te oortref ........ behoort die druk op die landbousektor te verlig.
slegs , en , slegs - en - - en - of , en , of ( en ) slegs ( en )
Die aandagstreep word gebruik om 'n parentese aan te dui. Die deel buite die parentese moet grammatikaal korrek wees. Die parentese kan ook met kommas of hakies vervang word. (AWS 13.1)
Sien ook die bladsy Lees-/skryftekens.
Sy het haar hoërskoolloopbaan aan 'n ........ voltooi.
meisies skool meisiesskool meisies-skool meisieskool
As die eerste komponent van 'n samestelling in die enkelvoud nie op 'n "-s" eindig nie en die tweede komponent met 'n "s" begin, word 'n verbindings"-s" nie geskryf nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Die bevolking van Suid-Afrika bestaan hoofsaaklik uit ........ .
Swart mense swart mense Swartmense swartmense
Histories beskrywende kleurbenamings vir bevolkingsgroepe en vir lede van sulke groepe begin nie met 'n hoofletter nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Nagraadse studente moet ........ met die nuutste ontwikkelinge op hulle spesialisasiegebiede.
tred-hou tred hou tredhou
Die kollokasie "tred hou" beteken 'op hoogte bly'. Die woord "tred" beteken 'stap; tree'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)