24 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-04-2026 só ingevul:
Die ........ wat die pasiënt moet neem, is twee pille drie keer per dag ná ete.
dossis doossis dosis doosis
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 18.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die staatsaanklaer ........ sy tande vir die landdros se uitspraak.
flos kou slyp borsel
Die uitdrukking "jou tande vir iets slyp" beteken 'iets by voorbaat geniet'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
David se werk is altyd van ........ .
primagehalte prima gehalte prima-gehalte
Die woord "prima" is 'n byvoeglike naamwoord en word gewoonlik los van 'n selfstandige naamwoord geskryf, byvoorbeeld 'prima gehalte', 'prima aandele' en 'prima stuk vleis'.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Willie is altyd vreeslik ........ as hy op die dak moet klim; hy háát hoogtes.
gretig gretiglik angstig angstiglik
Die Engelse "anxious" kan in Afrikaans in verskillende kontekste vertaal word met óf "gretig" (wat 'vol begeerte' of 'hartstogtelik' beteken), óf "angstig" (wat 'met vrees/angs gevul' beteken). Willie wou in hierdie konteks waarskynlik nie graag op die dak klim nie! Let op dat "angstiglik" en "gretiglik" nie as erkende woorde in formele Standaardafrikaans beskou word nie, net soos "huidiglik" en "wettiglik".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)