2084 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-04-2026 (vlak 3)



vorige toets 24 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-04-2026 só ingevul:



17:00 is ........ !

30 % (afgerond)huis-toe-gaantyd 
6 % (afgerond)huis toe gaan-tyd
45 % (afgerond)huistoegaantyd
19 % (afgerond)huis toe gaan tyd

Ingevolge reël 12.21 in die AWS skryf ons "huis-toe-gaan-tyd" of "huis-toe-gaantyd".
Dit is 'n sogenaamde frasesamestelling, waar die frase "huis toe gaan" met "tyd" verbind. Ander soortgelyke gevalle is: "deur-tot-deurverkope, wag-'n-bietjiebos, help-my-fris-lykhempie", ensovoorts.

Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die nuwe onderwyser het geen insig in die leerders se probleme nie.
Wat is die woordsoort van "insig" in bostaande sin?

89 % (afgerond)abstrakte naamwoord 
2 % (afgerond)maatnaam
9 % (afgerond)soortnaam
1 % (afgerond)eienaam

Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "insig", "godsdiens", "woede" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Daar was groot onenigheid by die vergadering; die ........ het gewaai!
3 % (afgerond)winde
71 % (afgerond)spaanders of skerwe 
2 % (afgerond)splinters
24 % (afgerond)skerwe of splinters

Die idioom "die spaanders sal waai" beteken 'dit sal woes gaan' of 'hier kom groot rusie'. Die WAT gee ook "die skerwe sal waai" aan.
(Bron: HAT6 en WAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die juwelier verkies om ........ in sy ringe te gebruik.
1 % (afgerond)Opaals
5 % (afgerond)Opale
7 % (afgerond)opaals
87 % (afgerond)opale 

Die name van gesteentes en minerale begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties