29 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-04-2026 só ingevul:
Die meervoud van "wig" is ........ . ('n Wig is 'n spitslopende stuk gereedskap met 'n driehoekige vorm.)
gewigte wigge wigte wîe
Die kappie word gebruik op klinkers in lang, oop lettergrepe om die klank te rek.
Sien ook die bladsy Kappie.
Verbruikersregte was bo-aan die agenda tydens die ........ .
tweedehandse handelaarsforum tweedehandsehandelaarsforum tweede handse handelaarsforum tweede-handsehandelaarsforum
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "handelaar") en ʼn selfstandige naamwoord "forum". Die "-s-" is 'n verbindingsklank.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Aan die hoof van staatsdepartemente staan ........ .
direkteurs-generaal Direkteurs-Generaal Direkteurs-generaal direkteurs-Generaal
Wanneer 'n ampsbenaming ("direkteur-generaal") of die naam van 'n instelling ("staatsdepartement") 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Idioom: Die ........ in die pot vind.
haas donkie leeu hond
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)