0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-05-2026 (vlak 2)



vorige toets 01 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-05-2026 só ingevul:



As ons ʼn ........ kan vind, kan ons begin werk aan die projek.

99 % (afgerond)formule 
vormule
formuule
vormuule

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Sy ........ 'n sug van verligting toe die die onderwyseres by haar verbystap sonder om haar huiswerk na te gaan.
91 % (afgerond)slaak 
7 % (afgerond)slaag
slaap
2 % (afgerond)slaan

Die werkwoord "slaak", wat volgens die HAT 'loslaat' of 'vrylaat' beteken, word in die kollokasie "slaak 'n sug van verligting" gebruik, eerder as die ander soortgelyk klinkende opsies, wat egter almal nikseggend in hierdie konteks is.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die foto's word ontwikkel in 'n ........ .
1 % (afgerond)donker-kamer
94 % (afgerond)donkerkamer 
5 % (afgerond)donker kamer

Wanneer 'n byvoeglike naamwoord ("donker") plus 'n naamwoord ("kamer") betekenisverdigting ondergaan het, word die verbinding vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Ons moes eerder opgetree het; nou is dit te laat.
'n Sinoniem vir die woord "eerder" in bostaande sin is ........ .
13 % (afgerond)liewer
2 % (afgerond)aan die begin
juis
86 % (afgerond)vroeër 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "eerder - vroeër", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties