07 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-05-2026 só ingevul:
Daar sit gewoonlik klein ........ tussen my tande vas nadat ek biltong geëet het.
seninkies seningtjies seningkies seeninkies
Woorde wat op "ng" in 'n onbeklemtoonde lettergreep eindig, kry 'n verkleiningsvorm met "-kie", terwyl die "g" wegval (AWS15.9).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Ek stel voor dat ons die hele dag op die strand deurbring en ons in die branders ........ .
vermy vermei vermui
Die wederkerende werkwoord "vermei" beteken 'om te ontspan, jou te verlustig, jou te vermaak of genoeë te vind in iets'. Sy meer bekende homofoon, "vermy", beteken egter 'om iets of iemand te ontwyk'.
Die ........ is daarvoor verantwoordelik om genoegsame fondse vir sy werksaamhede in te samel.
Nasionale Vroue Monument kommissie Nasionalevrouemonumentkommissie Nasionalevrouemonument kommissie Nasionale Vrouemonumentkommissie
Die skryfwyse van dié woord is 'n uitsondering op die gewone reël. Sien 15.26(d) in die AWS. Meerledige geografiese en eiename wat uit meer as twee losgeskrewe dele bestaan en waarvan die hoofdele gewoonlik met hoofletters begin, word nie vas geskryf nie, byvoorbeeld "Nasionale Vrouemonumentkommissie", "Middellandse Seegebied" en "Tweede Konsiliebesluit".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die boot in die droogdok moet eers ........ gemaak word voordat dit te water gelaat kan word.
see-waardig see-vaardig seewaardig seevaardig
Passasiers is "pad- of reisvaardig" as hulle gereed is om te vertrek. Voertuie in 'n goeie toestand is "padwaardig"; skepe is "seewaardig" en vliegtuie is "lugwaardig". (Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)