0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-05-2026 (vlak 2)



vorige toets 08 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-05-2026 só ingevul:



Die ........ verloor sy stert wanneer hy in gevaar verkeer.
akedus
4 % (afgerond)akedis
95 % (afgerond)akkedis 
akkedes

Ingevolge reël 16.13 in die AWS word die [Ə]-klank deur 'n "i" weergegee in beklemtoonde lettergrepe en in agtervoegsels.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die span kon nie ........ hul teenstanders kers vashou nie.
27 % (afgerond)teen
1 % (afgerond)aan
16 % (afgerond)met
56 % (afgerond)by 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. 'n Mens hou "by" iemand kers vas; hou "aan" 'n beginsel vas en hou "vir" iemand duim vas.
(Bron: Voorsetselwoordeboek)
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Fietsryers wat wil deelneem, sal moet ........ .
17 % (afgerond)gouspring
4 % (afgerond)gou-spring
79 % (afgerond)gou spring 

Die uitdrukking "gou spring" beteken 'opskud'. Dit is nie 'n samestelling nie aangesien dit uit 'n bywoord "gou" en 'n werkwoord "spring" bestaan en word dus los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Wilmer was raadop, totdat hy gehoor het van ʼn ........ wat help vir floutes.

19 % (afgerond)boereraad
1 % (afgerond)boere raat
1 % (afgerond)boere raad
79 % (afgerond)boereraat 

In die die betekenis van ''n moontlike oplossing' word die woord "raad" met 'n "d" geskryf. In die betekenis van ''n middel teen siekte uit volksgeloof' word die woord "raat" met 'n "t" geskryf.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties