13 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-05-2026 só ingevul:
Motoriste word aangeraai om die pad langs die ........ te vermy.
Jo Slovo- informele nedersetting Jo Slovo-informele- nedersetting Jo-Slovo-informele-nedersetting Jo Slovo informele nedersetting
Afstandsamestellings moet met ʼn koppelteken geskryf word, byvoorbeeld "Princess- informele nedersetting" en of "hoof- uitvoerende beampte" (AWS 12.25).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
My ouers het die ........ van die rolprent in Cannes bygewoon.
première premiëre premiére premiere
Die gravisteken word gebruik in leenwoorde van vreemde herkoms in hulle oorspronklike vorms.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.
Die dorp ........ in die Wes-Kaap het sy ontstaan te danke aan die aankoms van die Franse Hugenote in 1688 aan die Kaap.
Franschhoek Franshoek Franschoek Franchhoek
Die naam "Franschhoek" beteken letterlik 'Franse hoek' (in Nederlands: 'Fransche(n) hoek'), met ander woorde die geweste (of hoek) waar die Franse hulle gaan vestig het. Lees meer by: https://af.wikipedia.org/wiki/Franschhoek
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)