2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-05-2026 (vlak 3)



vorige toets 14 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-05-2026 só ingevul:



Ouma gebruik ........ as kors vir die melktert.
3 % (afgerond)croissantetjies
92 % (afgerond)croissantjies 
5 % (afgerond)croissankies
1 % (afgerond)croissanties

Die verkleiningsvorm van "croissant" is "croissantjie".
Alle woorde wat eindig op ʼn "d" of ʼn "t" kry "-jie" in die verkleiningsvorm.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Die ........ met die skoenlappermotief was vir haar pragtig.
kammitjie
2 % (afgerond)kammietjie
2 % (afgerond)kamiki
95 % (afgerond)kammetjie 

Die [i]-klank word in die verkleiningsuitgang "-etjie" deur "e" weergegee.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die siekte ........ kom veral in koeie voor ongeveer een week voor en twee weke ná kalwing.


3 % (afgerond)subakute rumen asidose
41 % (afgerond)sub-akute rumenasidose
51 % (afgerond)subakute rumenasidose  
5 % (afgerond)sub-akute rumen asidose

Woorde wat in Afrikaans met die voorvoegsel "sub-" begin, kry normaalweg nie 'n koppelteken nie. Die woord "rumenasidose" is 'n samestelling van twee naamwoorde "rumen" en "asidose". Samestellings word vas geskryf
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die ........ waarborg Amanda dat sy al die geld wat sy verloor het, sal terugkry as sy 'n week in yskoue water bad.
3 % (afgerond)slegs sanghoma
70 % (afgerond)sangoma of sangôma 
5 % (afgerond)slegs sangôma
22 % (afgerond)slegs sangoma

Wanneer 'n lang [ᴐ:]-klank in 'n beklemtoonde, oop lettergreep van leenwoorde uit Afrikatale voorkom, word dit gewoonlik met 'n "o" weergegee. Die spelling met die "ô" word in hierdie geval om historiese redes ook aanvaar.
Die woord "sangoma"of "sangôma" is 'n leenwoord uit Zoeloe.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties