0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-05-2026 (vlak 2)



vorige toets 15 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-05-2026 só ingevul:



Melk, jogurt, botter en kaas word ........ suiwelprodukte genoem.
1 % (afgerond)gesamintlik
96 % (afgerond)gesamentlik 
3 % (afgerond)gesaamentlik
1 % (afgerond)gesaamintlik

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2). Die [ə]-klank word deur “e” weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe (AWS 16.14).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Idioom: Ná elke boksgeveg wat my broer gewen het, het my ma altyd gesê my broer het ........ van sy teenstander gemaak.
2 % (afgerond)as
8 % (afgerond)krummels
85 % (afgerond)kleingeld 
5 % (afgerond)stof

Volgens die Afrikaanse Makro Gids beteken "om kleingeld van iemand te maak" om daardie persoon te oorwin.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ sê die voorval sal ondersoek word.
polisiewoord-voerder
polisie woord voerder
93 % (afgerond)polisiewoordvoerder  
6 % (afgerond)polisie woordvoerder

ʼn Samestelling (“polisiewoordvoerder”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die rook van sigarette tas ʼn mens se ........ aan.

96 % (afgerond)smaak 
1 % (afgerond)proef
3 % (afgerond)proe

Die Engelse werkwoord "taste" is in Afrikaans "proe" in die betekenis 'ek proe iets', en "smaak" in die betekenis 'iets smaak lekker'. As jou "smaak" aangetas is, kan jy nie goed "proe" nie. (Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties