19 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-05-2026 só ingevul:
Die klein bokkies het op die ........ baljaar.
luserinbale luserenbale lusêrnbale lusernbale
By sommige medeklinkerkombinasies word daar 'n vokaal uitgespreek, alhoewel 'n klinker nie in die spelling voorkom nie.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.
Arnold se naïewe voorstelling van die toekoms is die ........ idee wat ek nog gehoor het.
utopiesste mees utopiesste mees utopiese utopieste
Die trappe van vergelyking van lang byvoeglike naamwoorde word dikwels deur die toevoeging van "meer" en "mees" gevorm. In sulke gevalle kry die byvoeglike naamwoord slegs 'n "-e" as uitgang en nooit 'n verdere "-er" of "-ste" nie. Kyk in die AWS (www.woordelys.co.za) of 'n spesifieke woord "meer/meeste" neem om trappe van vergelyking te vorm.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
PG du Plessis was 'n bekende ........ dramaturg.
Afrikaans sprekende afrikaanssprekende Afrikaanssprekende afrikaansprekende
Aangesien Afrikaans 'n taalnaam is, word dit met 'n hoofletter in hierdie samestelling geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Vele Egiptenare het tydens die revolusie na ........ gevlug.
Front Linie State frontliniestate Frontlinie State Frontliniestate
Die konsep "frontliniestate" verwys in die algemeen na lande wat grens aan 'n oorloggeteisterde land; in dié geval word "frontliniestate" met 'n kleinletter geskryf. In die 1980's was die Frontliniestate (met 'n hoofletter geskryf) 'n organisasie wat hom beywer het vir 'n meerderheidsregering in Suid-Afrika.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)