0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-05-2026 (vlak 1)



vorige toets 28 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-05-2026 só ingevul:



Is ek nou onder ........ dat jy soveel vrae vra?
1 % (afgerond)kruis verhoor
kruis-verhoor
2 % (afgerond)krysverhoor
97 % (afgerond)kruisverhoor 

ʼn Samestelling ("kruisverhoor") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("kruis" en "verhoor") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Antieke meubels is baie ........ .
86 % (afgerond)werd 
14 % (afgerond)wêrd

Wanneer die geslote lettergreep afgesluit word deur meer as een medeklinker, kry dit nie 'n kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.



Dat die terreurgroep verantwoordelik was vir die bomplanting is ’n ........ feit.
71 % (afgerond)voldonge 
voldongde
27 % (afgerond)voldwonge
2 % (afgerond)voldange

Die uitdrukking "voldonge feit" beteken dit is ’n 'afgehandelde saak'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Skoonlief en die ........ .
19 % (afgerond)ondier
11 % (afgerond)Bees
66 % (afgerond)Ondier 
4 % (afgerond)gedrog

Persoonseiename, d.w.s. die naam van ʼn persoon, word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties