1945 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-06-2026 (vlak 1)



vorige toets 15 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-06-2026 só ingevul:



Die rowers het hul ........ onder mekaar verdeel.

96 % (afgerond)buit 
2 % (afgerond)beit
1 % (afgerond)byt

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “beit” of “byt” wanneer hulle eintlik “buit” bedoel.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Suid-Afrika het ʼn ........ bevolking.
94 % (afgerond)heterogene 
3 % (afgerond)heterogeen
heterrogenne
3 % (afgerond)heterrogene

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("heterogeen"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die ........ het ons met ʼn pistool gedreig.

98 % (afgerond)rower 
1 % (afgerond)rofer
roofer
roower

Iemand wat "roof" word 'n "rower" genoem. ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “rower”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die woord "gevolg" in die volgende sinne is ’n ........ .
Die toeriste het die gids deur die museum gevolg.
Die gevolg van die saak was dat ons die vakansie moes kanselleer.
1 % (afgerond)sinoniem
94 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)antoniem
4 % (afgerond)homofoon

ʼn Homoniem is ʼn woord wat dieselfde klink en dieselfde gespel word as ʼn ander woord, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "gevolg" (saam met iemand gaan) en "gevolg" (uitkoms).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
96% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties