16 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-06-2026 só ingevul:
Jy moet versigtig ry by die voetoorgang; daar is altyd ........ vroeg in die oggend.
skoolliere skoliere skolire skolliers
Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud (AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Dit was 'n ........ toe die pasgetroude egpaar op hul wittebrood verongeluk het.
tragedie trageedie trageddie tragedi
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Liewe ........ Bester, baie dankie vir die pragtige blomme!
slegs Tannie Tannie of tannie slegs tannie
Indien 'n eienaam in 'n aanspreek- of aanhefvorm bygevoeg word, begin die aanspreek- of aanhefvorm met 'n kleinletter (AWS 9.5).
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Die jong meisie het die jongste persoon geword om met 'n seiljag op haar eie ʼn ........ om die wêreld te voltooi.
wetren wedvaart wetvaart wedren
'n "Wedren" vind op land plaas. Seiljagte neem aan 'n "wedvaart" deel. (Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)