1945 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-06-2026 (vlak 3)



vorige toets 17 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-06-2026 só ingevul:



Ek het jou mos gesê ........ al hoe minder studente stel daarin belang om 'n addisionele taal aan te leer.
53 % (afgerond)aandagstreep 
hakie
46 % (afgerond)komma
punt

Die aandagstreep word in die plek van 'n ellipsteken of dubbelpunt, of woorde soos "naamlik", "te wete", "byvoorbeeld" of "soos" gebruik.
(AWS13.2)
Sien ook die bladsy Lees-/skryftekens.



Spoegwolf se nuutste CD het ........ bereik.
6 % (afgerond)multi-platinum-status
7 % (afgerond)multi- platinum status
77 % (afgerond)multiplatinumstatus 
10 % (afgerond)multi-platinum status

Soos wat ons "silwerbruilof" skryf, so skryf ons "platinumstatus", aangesien die konsep nie met die kleur van die status te make het nie. Die prefiks "multi-" word in die reël sonder koppelteken vas aan 'n ander woord geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



17 ........ het die Suid-Afrikaanse span in 2014 gehaal.
9 % (afgerond)atlete of Atlete
16 % (afgerond)Atlete
76 % (afgerond)atlete 

Vermy dit sover as moontlik om 'n sin met syfer te begin. As dit egter nie anders kan nie, word die eerste woord ná die syfer, getal of simbool met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Wanneer my ouma met groot ontsag terugdink aan haar oorlede vader, praat sy altyd van "die man van edel ........ ".
25 % (afgerond)imbors
74 % (afgerond)inbors 
1 % (afgerond)aambeelde
1 % (afgerond)aamborstigheid

Die HAT beskryf "inbors" as 'gesamentlike geestelike eienskappe van 'n mens' en gee die volgende as voorbeeld aan: "Edel, goed, sleg, swak van inbors wees".
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties