19 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-06-2026 só ingevul:
As julle probeer ........ in die eksamen, sal julle gestraf word!
avkeik afkyk avkyk afkeik
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t", en "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Jy sal met daai hond nie veel uitgerig kry nie, hy is so dom soos 'n ........ .
donkie haas kuiken esel
'n Esel (ook 'n donkie genoem) is 'n viervoetige perdagtige soogdier wat sedert pre-historiese tye deur die mens makgemaak en as ry-, pak- en trekdier geteel is. Ons sê iemand is so dom soos 'n esel, maar nie so dom soos 'n donkie nie. Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Donkie en https://af.wikipedia.org/wiki/Vergelykings_(taalkunde)
Sien ook die bladsy Vergelykings.
Ná die giftige resensie het Van Wyk in der haas vir Dirk ........ om hom te kapittel.
ge-epos ge-ëpos geë-pos ge-e-pos
By samestellings met lettername word die letter met 'n koppelteken aan die res van die woord gekoppel. Voorvoegsels van letternaamsamestellings kry ook 'n koppelteken aan die res van die woord, byvoorbeeld "e-pos - ge-e-pos", "BTW-prys - pre-BTW-prys", "MK-kader - eks-MK-kader" (AWS 12.9).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die hofuitspraak het die aansoekers se vermoë om hul skuld te delg, ........ .
beskend beskadig geskend geskaad
Die woord "skaad" beteken 'skadelik wees' of 'nadeel veroorsaak'; die woord "skend" beteken 'lelik maak', byvoorbeeld sy gesig is geskend ná 'n briefbom in sy gesig ontplof het. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)