22 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-06-2026 só ingevul:
ʼn Dier wat plante en vleis vreet, staan bekend as 'n ........ .
ommivoor ommifoor omnivoor omnifoor
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Watter ........ van melkbeeste lewer die meeste melk?
raste rasse rassens rasstens
Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig ("ras"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die klein ........ beweer hy is reg en die onderwyser verkeerd.
wuisneus wysnees wysneus weisnees
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "wysneus", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Die finaliste van die skoonheidskompetisie is gisteraand ........ .
veroordeel beoordeel
Om iemand te beoordeel, beteken byvoorbeeld dat jy die wenner van 'n kompetisie bepaal. Wanneer jy iemand veroordeel, beteken dit dat jy daardie persoon as onaanvaarbaar beskou en dus 'n veroordeling oor die persoon uitspreek.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)