1945 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-06-2026 (vlak 1)



vorige toets 24 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-06-2026 só ingevul:



Die polisie het ʼn beloning ........ vir inligting wat lei tot die inhegtenisneming van die moordenaar.

100 % (afgerond)uitgeloof 
uitloof
geüitloof
geuitloof

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Kingsley Holgate het al verskeie ........ op sy reise deur die kontinent beleef.
avonturens
2 % (afgerond)avontuurs
96 % (afgerond)avonture 
2 % (afgerond)avontuure

In oop lettergrepe word die vokale "a", "e", "o" en "u" nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Mense loop draaie om die mimiekkunstenaar, want hulle is bang dat hy hulle gaan ........ .
81 % (afgerond)na-aap 
2 % (afgerond)naaap
7 % (afgerond)na aap
10 %naäap

As 'n opeenvolging van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen die dele van samestellings meebring dat die woord verkeerd gelees kan word, word 'n koppelteken tussen die dele geplaas.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die wagte mag nie slaap nie; hulle moet heelnag ........ .
53 % (afgerond)waghou of wag hou 
8 % (afgerond)slegs wag hou
slegs wag-hou
40 % (afgerond)slegs waghou

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "waghou – wag hou", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant", "meesal – meestal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties