25 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-06-2026 só ingevul:
Die koring staan ........ na die goeie reën.
geil guil gyl geiel
Die woord "geil" word nie meer so baie in Afrikaans gebruik nie, vandaar dat mense dit ook soms verkeerd spel. Die "ei"-klank in "geil" is 'n diftong, oftewel tweeklank. Om tradisionele redes word die diftong [әi]-klank soms met “ei” en soms met “y” gespel. Die woord “geil” beteken ‘vrugbaar’, 'geslagsdriftig' of 'onbevrug'. Bron: HAT.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Daar hang 'n klein ........ oor die berg.
wolksie wolketjie wolktjie wolkie
Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn lang uitgespreekte “a”, “e” of “o”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die betrokke “a”, “e” of “o” word enkel geskryf omdat dit dan in ʼn oop lettergreep voorkom (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Ek sal dit opsoek in die HAT ( ........ ).
Handwoordeboek van die Afrikaanse taal Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal handwoordeboek van die Afrikaanse Taal handwoordeboek van die Afrikaanse taal
Hierdie publikasie se skryfwyse is "Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal".
Sien ook die bladsy Publikasiename.
Niemand weet wat van die vlug MH370 geword het nie. Wat is die woordsoort van "Niemand" in bostaande sin?
niksseggende naamwoord bepalende naamwoord vraende voornaamwoord onbepaalde voornaamwoord
Die onbepaalde voornaamwoord het nie betrekking op een persoon of saak nie, byvoorbeeld: "Iemand" het dit gevat. "Niemand" het hulle huiswerk gedoen nie. "Die mense" sê dis waar.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)