25 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-06-2026 só ingevul:
Tydens die Middeleeue is talle vroue ontereg na die brandstapel gestuur omdat hulle daarvan verdink is dat hulle ........ was.
towenaars hekse hekse of towenaresse towenaresse
Twee vroulike vorms is hier moontlik. Die eerste een ("towenares") word gevorm deur die gebruik van die "-es"-uitgang, terwyl die ander ("heks") bloot geleer moet word.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Dit lê op die ........ van my belangstelling.
periferie perriverie perriferie periverie
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Een van die belangrike sondebokke is "f/v". Die betekenis van "perifeer" is 'nie sentraal', 'aan die buitekant'. Die "periferie" is die 'buiterand', of in meetkunde beteken die woord 'sirkelomtrek'.
Yolanda eet graag ........ saam met jogurt vir ontbyt.
bloubessies blou bessies Bloubessies Blou Bessies
Byvoeglike naamwoorde (soos "blou" en "groot") en selfstandige naamwoorde (soos "huis" en "lepel") word gewoonlik los van mekaar geskryf. Deur die proses van betekenisverdigting smelt die woorde saam en vorm 'n splinternuwe begrip. Dit kom veral by plant-, diere- en siektename in. Byvoorbeeld, "bloubessie", "geelslang" en "witseerkeel".
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Die Islamitiese Staat is besig om 'n ........ teen die Weste te voer.
jihad djeehad djihad djehad
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)