1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 31-07-2026 (vlak 2)



vorige toets 31 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 31-07-2026 só ingevul:



Weens die erge droogte, moet baie boere hulle tot ........ wend.
besproei-ing
11 % (afgerond)besproeing
19 % (afgerond)besproeiïng
69 % (afgerond)besproeiing 

As 'n opeenvolging van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen die dele van samestellings daartoe lei dat die woord verkeerd gelees word, word 'n koppelteken tussen die dele geplaas. "Besproeiing" het dus nie 'n koppelteken nodig nie, aangesien dit nie 'n samestelling is nie.
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Idioom: Iemand se ........ is hoog.
1 % (afgerond)salaris
8 % (afgerond)stem
79 % (afgerond)koors 
12 % (afgerond)hart

Die uitdrukking "iemand se koors is/loop hoog" beteken 'iemand is verlief'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



........ die nuwe wet betaal ons nou meer belasting.
1 % (afgerond)In-gevolge
84 % (afgerond)Ingevolge 
16 % (afgerond)In gevolge

Wanneer betekenisverdigting plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die storm het groot skade aan geboue en huise ........ .
98 % (afgerond)aangerig 
aangetas
aangemaak
1 % (afgerond)aangedoen

Die woord "aanrig" beteken 'veroorsaak', byvoorbeeld: Die storm het groot skade aangerig. Die woord "aandoen" beteken 'besoek' of 'laat ondervind'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties