31 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 31-07-2026 só ingevul:
Kan ek asseblief ’n ........ kry?
kaas- en ham- toebroodjie kaas-en-ham-toebroodjie kaas- en ham toebroodjie
Indien ʼn woordgroep van drie of meer woorde ("kaas", "en" en "ham") wat op sigself nie gekoppel word nie, in ʼn samestelling optree saam met ʼn bykomende woord of woorde ("toebroodjie"), word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder ʼn koppelteken vas aan die res geskryf (AWS 12.21).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die toeriste besoek die Kasteel die Goeie Hoop. Wat is die woordsoort van "besoek" in bostaande sin.
onoorganklike hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord gangbare hoofwerkwoord oorgangshoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die toeriste besoek die kasteel. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die toeriste toer heeldag lank.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Idioom: Leef in die land ........ .
Kanäan Kanaan Känaan Kanaän
As dit baie goed gaan met jou, sê ons in die idioom jy leef in die land Kanaän. Ons kan ook sê jy leef in die land van Kokanje, of in die land van melk en heuning. Die deelteken word op die derde "a" geskryf om die uitspraak korrek weer te gee.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Een van my vriendinne wil ........ leer voor sy oor drie jaar Asië toe reis.
Mandaryns Mandarein Mandareins Mandaryn
In Afrikaans skryf ons Mandaryns met 'n s, anders as in Engels waar dit nie op 'n s eindig nie. Nog so 'n voorbeeld is Latyn.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)