03 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-08-2026 só ingevul:
Sy het die wedloop oor 200 meter gewen. Onder watter subkategorie val die woordsoort "wedloop" in bostaande sin?
soortnaam eienaam massanaam abstrakte naamwoord
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "wedloop", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die toenemende aantal vlugtelinge na Europa stuur op 'n ........ af.
reuse- humanitêre krisis reuse-humanitêre-krisis of reuse humanitêre krisis reuse humanitêrekrisis of reuse humanitêre krisis reuse-humanitêre krisis
Afstandsamestellings kan volgens die 2017-AWS slegs met ʼn koppelteken geskryf word, byvoorbeeld "reuse- humanitêre krisis". (AWS 12.25). Let daarop dat die skakel "reuse-" nie 'n byvoeglike naamwoord is nie, hoewel dit op die oog af so mag lyk, daarom word dit vas geskryf, byvoorbeeld, "reusedier", "reusehuis" en "reusekrisis".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Piet is ........ as Christina
meer langer die langer meer lank langer
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “lank”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “langer” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die langste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Jy moenie so baie eet nie, jy gaan 'n regte ou ........ Balie word!
Jan Piet Koos Boet
"Jan" is een van die gewoonste mansname wat in baie uitdrukkings gebruik word. 'n "Jan Balie" is iemand met 'n baie groot maag.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)