1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 10-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 10 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-08-2026 só ingevul:



Soms is daar die kans om 'n goeie en veilige dividend op 'n ........ te verdien.
77 % (afgerond)stuiweraandeel 
7 % (afgerond)styweraandeel
16 % (afgerond)suiweraandeel

Die woord "stuiweraandeel" is 'n term wat in die sakewêreld gebruik word vir 'n aandeel wat teen minder as 10c verhandel.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Voordat Willem die katvis teruggooi in die water, ........ die arme ding nog ʼn keer verwoed.

62 % (afgerond)blaas 
9 % (afgerond)snuif
29 % (afgerond)snork
kwaak

Katvisse blaas, paddas kwaak, ratels snuif en renosters snork. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)

Sien ook die bladsy Dieregeluide.



Ma maak vanaand vir ons ........ vir aandete.
2 % (afgerond)macaroni- en kaas
4 % (afgerond)macaroni en kaas
93 % (afgerond)macaroni-en-kaas 

Indien ʼn woordgroep van meer as twee woorde ("macaroni, en, kaas") in die geheel betekenisverandering ondergaan het, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die woordgroep geskryf (AWS 12.19).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



As Ludgy in Engels van "sky-diving" hou, hou hy in Afrikaans van ........ .

1 % (afgerond)vlerksleep
32 % (afgerond)lugduik 
50 % (afgerond)hangsweef
17 % (afgerond)vlerksweef

In Afrikaans word die Engelse "sky-diving" vertaal met "lugduik", waarvan "vryval" ʼn onderdeel is. "Vlerksweef" en "hangsweef" is vertalings vir die Engelse "hang-gliding".

Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties