12 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-08-2026 só ingevul:
Sydney is die hoofstad van die Australiese deelstaat ........ .
Nieusuidwallis Nieu Suid-Wallis Nieu-Suid-Wallis Nieu Suid Wallis
In meerledige geografiese name wat bestaan uit 'n eienaamelement plus 'n voorbepaling wat 'n onselfstandige woorddeel is, word die voorbepaling met 'n koppelteken aan die hoofelement vas geskryf. Ander voorbeelde sluit in: "Nieu-Seeland", "Tsjeggo-Slowakye" en "Belo-Rusland". (Bron: AWS 12.31)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
In sy hoed het hy twaalf kaartjies ........ met die kinders se name daarop, gereed vir die trekking.
Geen leesteken nie , ; :
Die komma tree op as 'n ruspunt by 'n bysin of toevoeging wat uitbrei op wat reeds genoem is.
Sien ook die bladsy Komma.
Craig het besluit om na jare die ........ af te haal en te erken dat hy gay is.
skildery masker hoed horlosie
Die uitdrukking "die masker afhaal", beteken 'openlik uitkom vir iets'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die solodebuutalbum met die treffer "Toe vind ek jou" is deur ........ .
francois van coke Francois Van Coke Francois van Coke Francois van coke
Persoonseiename, d.w.s. die naam van ʼn persoon, word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)