0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 14 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-08-2026 só ingevul:



Ons was die naweek by die dieretuin; die kinders het veral die ........ geniet met die leeus en tiere.
93 % (afgerond)grootkatafdeling 
3 % (afgerond)groot katafdeling
groot kat afdeling
3 % (afgerond)groot kat-afdeling

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "groot" + selfstandige naamwoord "kat") en ʼn selfstandige naamwoord "afdeling".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



"VIGS" is die akroniem vir ........ .

57 % (afgerond)verworwe immuniteitsgebreksindroom 
35 % (afgerond)verworwe-immuniteitsgebreksindroom
3 % (afgerond)verworwe immuniteits gebrek sindroom
5 % (afgerond)verworwe immuniteitsgebrek sindroom

Daar is twee soorte akronieme: letternaamwoorde en letterklankwoorde.
"VIGS" (of "vigs") is 'n letterklankwoord, want dit word soos enige gewone woord uitgespreek.
Sien ook die bladsy Akronieme.



Idioom: Kleine ........ , grote ore.
1 % (afgerond)katjies
9 % (afgerond)husse
3 % (afgerond)hasies
86 % (afgerond)muisies 

Die idioom "kleine muisies, grote ore" beteken ''n mens moet versigtig wees wat jy voor kinders sê'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Minderheidsgroepe in Suid-Afrika word deur die ........ beskerm.
19 % (afgerond)grondwet
34 % (afgerond)Grondwet of grondwet
47 % (afgerond)Grondwet 

Soortname wat as eiename optree, kry aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels). Sien reël 9.9 in die AWS.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties