1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 18 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-08-2026 só ingevul:



Identifiseer die FOUT in die volgende sin:
Vandag bak ons kolwyntjies, polvyntjies, makrolletjies en skuimpies.
89 % (afgerond)polvyntjies 
2 % (afgerond)skuimpies
6 % (afgerond)makrolletjies
4 % (afgerond)kolwyntjies

Die korrekte spelling van "polvyntjies" is "polfyntjies". Dit is 'n fyn versierde koekie (volgens die HAT), maar kan ook verwys na 'n geskenkie of voorwerp wat herinneringe aan iets of iemand oproep (volgens die WAT). Moenie "polfyntjie" met "polvy" (verkleinwoord: "polvytjie") verwar nie; 'n polvy is die hak van 'n skoen.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die sanggroep wat Vrydagaande in die burgersentrum optree, sing net ........ liedjies.
99 % (afgerond)populêre 
1 % (afgerond)populêr
pôpulêr
pôpulêre

Byvoeglike naamwoorde wat voor die selfstandige naamwoord wat beskryf word staan, kry 'n "-e" (attributiewe "-e").
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Wat noem ons ʼn inwoner van Addis Abeba?
5 % (afgerond)Addis Arabier
14 % (afgerond)Addis Abebaër
29 % (afgerond)Addis Abebaan
53 % (afgerond)Addis Abebiet 

Iemand wat van Addis Abeba (hoofstad van Etiopië/Ethiopië) kom, word ʼn "Addis Abebiet" genoem. In die AWS is ʼn omvattende lys van buitelandse geografiese name met afleidings.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Die verskil is so onbeduidend dat ’n mens dit nie eens opmerk nie.
'n Sinoniem vir die woord "onbeduidend" in bogenoemde sin is ........ .
12 % (afgerond)futiel
82 % (afgerond)miniem 
6 % (afgerond)funes
bomatig

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. "Miniem" is 'buitengewoon klein, onbeduidend, gering';"funes" is 'verderflik, noodlottig, rampsalig, droewig, treurig'; "futiel" is 'nutteloos, vrugteloos, vergeefs'; "bomatig" is 'buitengewoon'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties