20 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-08-2026 só ingevul:
Daar is maar weinig kos in ons kaste, maar ons het al voorheen ........ gehad.
weinigger weiniger minder geringer
Die trappe van vergelyking van "weinig" is "minder" en "minste".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Ena Jansen het repliek gelewer op die ........ in die akademiese joernaal.
artikil artikel artiekel artiekil
Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die maatskappy fokus veral op ........ .
huis-tot-huis-verkope huis tot huis-verkope huis tot huisverkope huis- tot huisverkope
Indien 'n woordgroep van drie of meer woorde wat op sigself nie gekoppel word nie, in 'n samestelling optree saam met 'n bykomende woord of woorde, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder 'n koppelteken vas aan die res geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Hy is eintlik 'n baie koppige man. 'n Antoniem vir "koppige" is:
inskiklike onnosele intelligente vasberade
As iemand nie koppig is nie, is hy/sy inskiklik, bereidwillig, gewillig, welwillend of tegemoetkomend.
Sien ook die bladsy Antonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)