24 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-08-2026 só ingevul:
........ my dat ek vandag melk moet koop.
Onthou Ondhou Herinner Herhinner
In hierdie geval word "herinner" gebruik. As jy sê: "Onthou my", beteken dit dat jy daardie persoon self nie moet vergeet nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Idioom: Iemand uit die ........ slaan.
veld stadion huis stoel
Ncebisa het 'n ........ aan my verkoop.
korttermynversekeringspolis korttermynversekerings-polis kort termynversekerings-polis kort termyn versekerings-polis
Na 'n verbindings"-s" word daar nie 'n leesbaarheidskoppelteken geskryf nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Ek hou daarvan om te gaan stap. Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "te" in bostaande sin?
skakelpartikel graadpartikel infinitiefpartikel besitspartikel
Partikels word in verskeie subkategorieë verdeel waaronder: infinitiefpartikel – die “te” in 'om te' besitspartikel – “se” vergelykings partikel – “so” en “soos” skakelpartikel – van sit “en” staan kom niks gedaan.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)