14 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-09-2026 só ingevul:
Die land is vasgevang in die ........ van 'n knellende droogte.
greep grep greëp
In geslote lettergrepe (soos in die woord “greep”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Hulle het gisteraand by die winkel ........ .
geïnbreek geinbreek in gebreek ingebreek
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
My vrou praat net ........ met haar familie as hulle kom kuier.
dyts duits Duits Dyts
Taalbenamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.
Ek wil graag leer ........ .
ski skee skiee skie
Vreemde woorde ("ski") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)