21 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-09-2026 só ingevul:
Marli is skrikkerig, ........ vasbeslote, om aansoek te doen vir die bestuurspos.
dog tog dog of tog
Die korrekte woord om in die konteks van hierdie sin te gebruik, is die voegwoord "dog" (wat 'maar' of 'nietemin' beteken). Die woord waarmee dit maklik verwar kan word, is die bywoord "tog", wat 'n soortgelyke betekenis het, maar op 'n ander manier ingespan word, byvoorbeeld: "Marli is skrikkerig; tog is sy vasbeslote om aansoek te doen vir die bestuurspos".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Ek wonder of ek vir Jan-hulle kan nooi om by ons te kom braai. Jy sal sy vrou moet vra; Jan staan onder die ........ .
lig pantoffel leer dak
Die idioom "onder die pantoffel staan" beteken 'deur 'n mens se vrou regeer word'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Bewyse van goeie maatskaplike diens kan gesien word in die ........ in toegang tot primêregesondheidsorggeriewe.
reus verbetering reusverbetering reuse verbetering reuseverbetering
Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.
Hy praat pure onsin. Wat is die woordsoort van "pure" in bostaande sin?
predikatiewe adjektief beskrywende adjektief preskriptiewe adjektief attributiewe adjektief
'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “pure onsin”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die onsin is puur".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)