28 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-09-2026 só ingevul:
Die Franse owerheid sukkel om migrante te huisves nadat 'n brand die Grande-Synthe-kamp naby ........ verwoes het.
Duinkerke Dunkirk Duinkerken Dunkerque
Die Franse stad wat voorheen deel van Vlaandere was, heet in Frans "Dunkerque", in Engels "Dunkirk" en in Afrikaans "Duinkerken". In moderne Nederlands word dit wel sonder die slot-n gespel.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die Opposisie se aantygings ........ .
hou nie steek nie hou nie water nie gaan nie af nie hou nie
Die Engelse uitdrukking "it does not hold water" is in Afrikaans "dit hou nie steek nie". (Bronne: HAT en Pharos)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die swemmer het uitgeblink in die ........ .
400 m- individuele wisselslag 400m- individuele wisselslag 400 m-individuele-wisselslag 400m-individuele-wisselslag
Volgens die nuwe AWS is 'n koppelteken verpligtend by afstandsamestellings. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“individuele”) sou dit vas geskryf word as “400 m-wisselslag” (AWS 12.25). Let daarop dat daar altyd 'n spasie tussen 'n syfer en 'n SI-eenheid is.
'n Woord wat van 'n ander taal ontleen is en meestal met sy oorspronklike spelling deel word van Afrikaans noem 'n mens 'n ...
anglisisme latinisme leenwoord leenvertaling
Voorbeelde van leenwoorde in Afrikaans is "steak", "eisteddfod", "avant-garde" en "pizza".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)