01 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-10-2026 só ingevul:
Die dief het ........ deur die huis geloop.
kat voet kat foet katvoet katfoet
ʼn Samestelling (“katvoet”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“kat” en “voet”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Hoeveel ........ het hierdie distrik?
balju’s baljuu’s baljuus baljus
Woorde wat op ʼn "i", "o", "u" en ʼn beklemtoonde (lang) "a" eindig ("balju"), word in die meervoud met ʼn afkappingsteken geskryf.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Ek was reeds so ........ voor agt pens en pootjies onder die vere.
net amper dwars skuins
Die uitdrukking "skuins voor/oor" 'n bepaalde tyd is 'n verwysing na die "skuins stand" van die uurwyser op 'n oorlosie oor of voor die syfer twaalf en beteken 'n 'klein rukkie voor/oor'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die nuwe ........ word môre bekendgemaak.
Voorsitters voorsitters Voorsitters of voorsitters
Wanneer 'n ampsbenaming ("voorsitter") of die naam van 'n instelling 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)