05 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-10-2026 só ingevul:
Jy sal moet ........ ; die mure het ore!
flyster vlyster fluister vluister
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Katrien het 'n ........ opstel geskryf.
uitmuntende uitmunt uitmuntend
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die ........ het op 11 Desember 1899 plaasgevind.
slag van Magersfontein Slag van Magersfontein
Die name van veldslae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.
Sjoe, Jeanine, jy't darem maer geword! Hoeveel ........ het jy verloor?
kielo kilou kielou kilo
Die woord "kilo" is 'n verkorting van "kilogram". Die woord kom uit die Grieks "chilioi" wat 'duisend' beteken. Verafrikaanste woorde word volgens die gewone taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)