05 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-10-2026 só ingevul:
Die woord "pietersielie" kom oorspronklik uit ........ .
Portugees Zoeloe Grieks Maleis
Die woord "pietersielie" is ontleen aan die Griekse "petrosélīnon", wat saamgestel is uit "pétros" wat 'rots' beteken, en "sélīnon" wat 'seldery' beteken. Pietersielie beteken dus letterlik "rotsseldery". (Bron: Etymologisch Woordenboek van het Nederlands)
Idioom: Klein van persoon, maar groot van ........ .
hormoon saksofoon vertoon patroon
Hierdie idioom beteken 'iemand wat klein van liggaamsbou, maar baie begaaf of ruimhartig is'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Drie ........ het op die strand uitgespoel.
slegs langbek- gewone dolfyne slegs lang bek gewone dolfyne slegs langbek-gewone-dolfyne langbek gewone dolfyne of langbek- gewone dolfyne
Volgens die nuwe AWS word moet afstandsamestellings met ʼn koppelteken geskryf word. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“gewone”) sou dit vas geskryf word as “langbekdolfyne”
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die ........ beampte het ons na die lughaweontvangs verwys.
Katarse Katarese Katarrese
Die byvoeglike naamwoord wat verwys na die land Katar is "Katarrese". 'n Volledige lys van geografiese name met hul afleidings verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)