06 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-10-2026 só ingevul:
Kan u asseblief die ........ bedrading van die motor nagaan. Die flikkerligte werk nie.
elektries elektriese elektrieke elektriek
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("elektries"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan en word dan "elektriese".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Hierdie musiek is in die ........ styl geskryf.
galante gelant gelante galant
Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak, beklemtoonde posisie is (soos die eerste "a" in "galant"), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan geskryf word as "gelant").
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.
Sarah Raal is die skrywer van " ........ ".
slegs Met die Boere in die Veld Met die Boere in die Veld of Met die Boere in die veld slegs Met die Boere in die veld
Die eerste woord van 'n publikasietitel begin met 'n hoofletter, terwyl die ander hoofwoorde met hoofletters of kleinletters geskryf kan word. Aangesien "Boere" in die titel na 'n spesifieke volksgroep verwys, word dit altyd met 'n hoofletter geskryf (asof dit 'n eienaam is).
Sien ook die bladsy Publikasiename.
Die Bloeddiens ondervind tans 'n ........ tekort aan bloed en doen 'n beroep op die publiek om bloed te skenk.
krietiese kritiese kritike kritieke
Die byvoeglike naamwoord "kritiek" slaan op iets gevaarliks: Die beseerde se toestand is "kritiek". Die woord "krities" slaan op 'n ingesteldheid: Iemand is "krities" teenoor iets wanneer hy kritiek lewer. (Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)