07 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-10-2026 só ingevul:
'n Goeie ........ is nodig om die ekonomie te red.
monetêrebeleid monetêre beleid monêterebeleid monêtere beleid
'n Land se monetêre beleid handel oor die geldstelsel van daardie land. Die byvoeglike naamwoord "monetêre" word los van die naamwoord "beleid" geskryf. (Bron: ATKV Spelathon)
Sien ook die bladsy Los of vas.
Die ........ van Soetmelkvlei het met Holstein-melkbeeste geboer.
Du Plooy's Du Plooys
Omdat "Du Plooy" se uitspraak op die 'ooi'-diftong eindig en verkeerdelike uitspraak nie moontlik is nie, kry dit nie 'n afkappingsteken in die meervoud nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Jou aansoek is ........ na die maal; die aansoeke het reeds gesluit.
sout en peper sop mosterd voorgereg
Die idioom "iets is mosterd na die maal" beteken 'iets is te laat'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die uitsig vanaf ........ oor die see is pragtig.
wave crest Wavecrest wavecrest Wave crest
Geografiese name, byvoorbeeld van dorpe, stede en woonbuurte, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)