08 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-10-2026 só ingevul:
Die ........ president moet weens die jongste skandaal oral vure doodslaan.
beleërde beleerde belegerde belêerde
Die woord "beleër" in die betekenis van 'lastig val' word met 'n deelteken geskryf. Vergelyk die woord "leër" wat 'krygsmag' beteken. Bron: HAT
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Dit is die ........ liedjie wat ek nog gehoor het.
eentonigste eentonig mees eentonigste meer eentonig
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “eentonig”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “eentoniger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die eentonigste”.
Verlos ons van die ........ .
bose bose of Bose Bose
Woorde wat die teendeel van godsdienstige eerbiedsbenamings benoem, word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Die strepe in die pad het al verdof. Onder watter subkategorie van woordsoorte val die woord "strepe" in bostaande sin?
soortname straatname stofname eiename
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "streep", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)