0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 13 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-10-2026 só ingevul:



Jeanette is gewoond daaraan om met die minste oor die weg te kom.
Wat is die stellende trap van "die minste" in bogenoemde sin?

53 % (afgerond)min
38 % (afgerond)bietjie of min 
7 % (afgerond)bietjie
2 % (afgerond)bietjie min

"Bietjie" of "min" is 'n uitsondering op die gewone reëls van trappe van vergelyking.
"bietjie" of "min" - "minder" - "die minste"
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Mavis het 'n ........ gekoop om in haar tuin te plant.
palem
99 % (afgerond)palm 
1 % (afgerond)palim

By sommige medeklinkerkombinasies word daar ’n vokaal uitgespreek, hoewel ’n klinker nie in die spelling voorkom nie, byvoorbeeld "palm", "skerm", "walm", "wurm" en "kerm".
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.



Die liedjie "Geskeurde jeans" word deur ........ gesing.

92 % (afgerond)Francois van Coke 
7 % (afgerond)Francois Van Coke
francois van coke
1 % (afgerond)Francois van coke

Persoonseiename, d.w.s. die naam van ʼn persoon, word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Dit is ........ om te sien daar is soveel mense wat belangstel in Beter Afrikaans!
14 % (afgerond)bemoedigend of aanmoedigend 
2 % (afgerond)aanmoedigend
85 % (afgerond)bemoedigend

"Bemoedigend" en "aanmoedigend" is sinonieme en beteken 'verblydend'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties