0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 15 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-10-2026 só ingevul:



Mediese fondse word deesdae verplig om sommige ........ siektes te dek.
10 % (afgerond)kroniese
15 % (afgerond)chroniese
75 % (afgerond)chroniese of kroniese 

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “chronies – kronies”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”; “meestal– meesal”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



Maak die ........ toe om die skerp lig uit te hou.
1 % (afgerond)hortdjies
99 % (afgerond)hortjies 
horttjies
hortentjies

Alle woorde wat eindig op ʼn “d” of ʼn “t” kry “-jie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.4).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Ouma vertel elke aand stories van ........ .
11 % (afgerond)jakkals en wolf
7 % (afgerond)Jakkals-en-Wolf
81 % (afgerond)Jakkals en Wolf 
1 % (afgerond)Jakkals- en wolf

Indien soortname in 'n literêre konteks (byvoorbeeld in romans, gedigte, dramas, sprokies, kortverhale, fantasieverhale, folklore, bygeloof en dergelike) as eiename gebruik word, begin hulle met 'n hoofletter (AWS 9.3).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Michelle versier haar seun se verjaardagkoek.
Wat is die woordsoort van "versier" in bostaande sin?
9 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
10 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
10 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
71 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Michelle versier die verjaardagkoek.
'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties