16 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-10-2026 só ingevul:
Die boer op ons buurplaas het pas 'n nuwe ........ gekoop om sy aartappels mee te sorteer.
sorterder sorteedder sorteder sorteerder
In geslote lettergrepe (soos in die woord “sorteerder”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Idioom: Die muggie uitsif, maar die ........ insluk.
ooievaar reier perd kameel
Die idioom "die muggie uitsif, maar die kameel insluk" beteken dat jy iemand anders se klein foutjie veroordeel, maar self 'n groot sonde skaamteloos begaan het. Die Engels is: "Strain at a gnat and swallow a camel". (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die koshuiskinders het 'n mooi ........ om op te speel.
skoon-veld skoon veld skoonveld
In die letterlike betekenis word "skoon veld" los geskryf, maar wanneer iets "skoonveld" ('weg') is, of die "skoonveld" in gholf, word dit vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Toe ons in Egipte was, het ek my aan die ........ verwonder.
reusepiramiedes reusepiramiedens reusepiramide reusepiramides of reusepiramiede
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "piramide – piramied", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)